Thursday, 19 March 2015
MAANLIG TERT
MAANLIG TERT Oond 180°C.
VRYF:
125 g margarine in
1 ½k bruismeel,
¼ t sout en
½ k suiker.
MAAK AAN MET:
1 geklitste eier en
1 E melk.
Dis ‘n natterige deeg.
Druk in gesmeerde plat bak.
Druk gaatjies in en bak vir 10 minute.
Haal uit en smeer fyn appelkooskonfyt oor kors.
MENG DIE VOLGENDE SAAM VIR VULSEL:
1 k suiker,
1 E sagte margarine en
2 eiers, knippie sout.
Klits saam.
VOEG:
1 k klapper,
½ t amandelgeursel en
1 t karamelgeursel by
Skep mengsel in kors
Bak weer tot die bokant van die tert mooi goudbruin is en dit tert in die middel geset is. (Ek skat ongeveer 20-30 minute)
Laat afkoel en bedien