Friday 20 March 2015

Koringvrye Amandelkoek




Dié lekker amandelkoek is boonop koringvry

Genoeg vir: 6
Bereidingstyd:
20 minute
Baktyd:
45 minute
Oondtemperatuur:
200 °C

• 8 groot eiers, geskei
• 320 g (375 ml) suiker
• 5 ml gerasperde suurlemoenskil
• 5 ml fyn kaneel
• 5 ml vanieljegeursel
• 500 ml fyngekapte geblansjeerde amandels
Bolaag

• 4-6 lemoene, geskil en in segmente gesny
• 25 ml rum of brandewyn

1 Smeer ’n ronde 25 cm-koekpan, voer die bodem en strooi meel oor. Skud die ekstra meel uit.

2 Klits die eiergele en suiker saam tot lig.

3 Voeg die suurlemoenskil, kaneel en vanielje by. Roer die amandels bietjies-bietjies in.

4 Klits die eierwitte in ’n skoon bak tot dit sagte punte vorm. Vou ’n derde van die eierwitte by die eiergeelmengsel in. Sodra dit ingevou is, kan jy die orige eierwit so liggies as moontlik invou. Skep die beslag in die koekpan en bak dit vir omtrent 45 minute in die verhitte oond, of tot ’n toetspen skoon uitkom.

5 Haal die koek uit die oond uit en sny met ’n mes om die rand van die pan. Keer dit uit die pan en laat dit afkoel.

6 Bolaag Meng die rum of brande- wyn met die lemoensegmente. Skep dit bo-op die koek. Sny die koek in skywe en sit dit voor.