Tuesday 31 March 2015

“In ‘n Japtrap”



“In ‘n Japtrap” ~ als n een pan…
1 Brood ( gesny)
 Botter
 Marmite
 2 k Gerasperde Kaas
 2 pakkie Spek (lekker bruin gebraai)
 4 Eiers
 1 1/2 Koppie melk
 Sout en Peper
 Skyfies tamatie

METODE:
Smeer die snye brood met botter en marmite en Sny die broodsnye in halwes.
 Klits eiers in die melk en gooi bietjie sout en peper by.
 Smeer ‘n vuurvaste bak.
 Pak ‘n stewige laag met die gesmeerde broodjies onder in die bak, rangskik spekvleis en tamatiesnye bo oor, strooi nou die kaas bo-oor
 Gooi die eier-mengsel bo-oor en bak in oond by 180 *C vir 30 minute tot goudbruin…