Tuesday 3 March 2015

Gekleurde KOLWYNTJIES



Gekleurde KOLWYNTJIES
BESTANDDELE:
Vir die kolwyntjies:
¾ koppie + 2 eetlepels koekmeel (die engelse resep se - cake flour)...
½ koppie + 2 eetlepels koekmeel (die engelse resep se All purpose flour)
By ons is dit albei dieselfde KOEKMEEL

¾ koppie + 2 eetlepels suiker
1¼ teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
½ koppie botter, by kamertemperatuur, in ½ duim blokkies gesny
2 eiers
½ koppie melk
1 teelepel vanielje
6 druppels groen voedselkleursel
Hier kan jy rooi of enige koekkleursel gebruik. Dit hang af wat se kleur kolwyntjie jy wil he
Vir die versiersel:
1 koppie roomkaas, by kamertemperatuur
½ koppie suiker
1½ teelepels vanielje
2 koppies room
Voorverhit die oond tot 180 C
Met ‘n handmenger, Meng die meel, suiker, bakpoeier en sout . Met die menger op lae spoed, voeg die botter, 'n paar blokkies op 'n slag by. Hou so aan tot die beslag soos growwe sand lyk
Hou die menger op lae spoed en voeg die eiers een vir een by, skraap die kante van die bak nou en dan af. Gooi die melk stadig by asook die vanielje en meng goed. Voeg die groen voedselkleursel by en meng tot kleur eweredig deur die mengsel is Verhoog die menger se spoed tot medium en klop vir 2 minute, totdat die beslag glad is.
Vul die cupcakeliners of muffinpannetjies tot twee derdes vol en bak vir 15-20 minute of tot die tandestokkie skoon uitkom. Koel af in pan vir 10 minute, verwyder na 'n draadrak om heeltemal af te koel voordat dit versier word
Maak die versiersel:
Op medium spoed, klop die roomkaas, suiker en vanielje in 'n menger tot glad - Voeg stadig die room by en klits tot dit stywe punte vorm
Versier jou kolwyntjies
Bedien dadelik, of stoor in 'n lugdigte houer in die yskas vir tot 3 dae