Monday 23 March 2015

Dubbel-sjokoladekoek




Dubbel-sjokoladekoek - kan tot 3 maande gevreis word!
As jy nie ’n kitskoek wil bak nie, is dié ’n staatmakerresep. Dit is so ryk en lekker dat jy amper... nie versiersel nodig het nie. Tog is dit heerlik met karamel tussen-in die lae en bo-oor gesmeer.
Jy het nodig:
.3 groot eiers
.100g goeie gehalte melksjokolade, in blokkies gebreek
.375ml warm, sterk koffie
.5ml vanieljegeursel

.375ml karringmelk
.750ml strooisuiker
.625ml meel
.375ml kakao
.10ml koeksoda
.3ml bakpoeier
.5ml sout
.180ml olie
Só maak ’n mens:
1. Voorverhit die oond tot 150°C en voer drie koekpanne van 20cm in deursnee met bakpapier uit. Spuit ook sommer deeglik met kleefwerende sproei om te voorkom dat die koek vassit.
2. Klits die eiers in ’n elektriese menger vir 5 tot 10 minute tot lig en donsig.
3. Giet die warm koffie bo-oor die sjokolade en roer elke nou en dan tot die sjokolade gesmelt het.
4. Voeg die vanieljegeursel by die karringmelk en meng.
5. Sif die suiker, meel, kakao, koeksoda, bakpoeier en sout saam.
6. Stel die menger op sy laagste spoed en voeg die olie in ’n dun straaltjie by om ’n emulsie te vorm.
7. Voeg die karringmelk en vanieljegeursel by en dan die sjokolade-en-koffiemengsel.
8. Skep die droë bestanddele by die beslag en roer totdat deeglik gemeng is.
9. Verdeel die beslag tussen die koekpanne en bak sowat 30 minute tot gaar.