Thursday 19 March 2015

Amarula-kaaskoek




Amarula-kaaskoek
Jy benodig:
...
Kors
250 g gesmelte botter
1 pakkie tennisbeskuitjies
Vulsel
625 g roomkaas
225 g strooisuiker
22 g mielieblom
2 eiers
6 eiergele
1 teelepel vanielje-ekstrak
200 ml Amarula­likeur
Bolaag
70 ml room
50 ml Amarula-likeur
240 g witsjokolade
vars aarbeie of maraschino-kersies, kruisementblare en geklopte room vir versiering
Só maak ’n mens:
Voorverhit die oond na 200°C.
Kors:
Gebruik ’n voedselverwerker om die tennisbeskuitjies te verkrummel en gooi die gesmelte botter by. Meng goed. Druk die beskuitjiebeslag dan vas op die bodem en kante van ’n tertpan.
Sit dit in die yskas om hard te word.
Vulsel:
Klits die roomkaas tot lig en donsig. Terwyl jy aanhou klits, gooi die suiker en dan die meel by. Gooi die vanielje-ekstrak, eier en Amarula-likeur by. Gooi die mengsel op die kors en bak in die voorverhitte oond vir 5 minute. Verminder die hitte na 100°C en bak vir ’n uur. Laat dit in die oond afkoel voor jy dit uithaal.
Bolaag
Bring die Amarula-likeur en room tot kookpunt, verlaag die hitte en voeg dan die wit sjokolade by. Meng saam tot ’n gladde mengsel en gooi dit oor die koek. Versier met vars aarbeie of maraschino-kersies, kruisementblare en styfgeklopte room.