Tuesday 10 March 2015

Aartappel-en-spek-frittata





Aartappel-en-spek-frittata

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd:
15 minute
Gaarmaaktyd:
25 minute

 
• 30 ml olyfolie
• 1 ui, middeldeur en dan in dun skyfies gesny
• 250 g bladspek, in stukkies gesny
• 600 g aartappels, geskil en in blokkies gesny
• 20 ml gekerfde sprietuie
• 6 groot eiers, liggies geklop
• 15 ml dukka-speserye (opsioneel)
• slaai om voor te sit

1 Verhit die helfte van die olyfolie in ’n groot, kleefvrye oondvaste pan. Soteer die uie en spek tot die uie sag is. Voeg die aartappelblokkies by en braai dit vir sowat 10 minute tot die aartappels sag is. Roer dit af en toe.

2 Skep die aartappelmengsel uit die pan en hou dit eenkant. Maak die pan skoon en verhit die res van die olie. Voeg 30 ml water, die sprietuie, en sout en peper by die geklitste eiers.

3 Gooi die aartappelmengsel terug in die pan en gooi die eiermengsel bo-oor. Sprinkel die dukka-speserye oor, as jy dit gebruik. Bak dit oor medium tot lae hitte vir sowat agt minute tot die eier gestol het. Sit die pan onder ’n warm oondrooster vir ’n paar minute tot die frittata goudbruin is. Sny dit in wiggies en sit dit voor met ’n slaai.