TUNAVINGERHAPPIES
24 Happies.
Bestanddele:...
400 g (1 rol) skilferkorsdeeg
bietjie melk vir bo-oor
24 Happies.
Bestanddele:...
400 g (1 rol) skilferkorsdeeg
bietjie melk vir bo-oor
Vulsels:
bietjie olie
1 ui, fyngekap
1 selderystingel, fyngekap
½ rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
½ groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
340 g (2 x 170g blikke) tuna in water, gedreineer
125 g (½ bakkie) geroomde maaskaas
60 ml (4 e) mayonnaise
60 ml (4 e) soetrissiesous
knypie sout en peper
Metode:
Stel oond op 200 °C.
1. Laat skilferkorsdeeg oornag in yskas ontdooi. Rol deeg oop. Sny in reghoeke van 6cm x 4cm groot.
2. Voer bakplaat met bakpapier en spuit met kossproei.
3. Plaas deegreghoeke op bakplaat. Verf bietjie melk oor en bak vir 14 minute of tot goudbruin op bokant. Laat op draadrakkie afkoel.
Vulsel:
1. Verhit bietjie olie en soteer ui en seldery vir drie minute. Voeg soetrissies by en soteer nog twee minute. Verwyder van hitte.
2. Voeg tuna by en roer tot gemeng.
3. Roer roomkaas tot sag. Meng mayonnaise, soetrissiesous, sout en peper daarby tot goed gemeng. Roer by tunamengsel.
4. Skep op klaar gebakte skilferkorsreghoeke. Rond af met mikroblaartjies (opsioneel) en sit dadelik voor.
VroueKeur