Suurlemoenskuimtert
4 -8 Voorafgebakte Soettertdoppies
Vir die vulsel:
216gr. Strooisuiker
216gr Eiers, omtrent 4...
216gr. Suurlemoensap, net minder as ‘n koppie
5gr. Gelatienpoeier
3 Eetlepels Water
250gr Koue Botter, in blokkies gesny
Vir die skuim:
4 Eierwitte
240gr Strooisuiker
Metode:
Gooi die water oor die Gelatienpoeier en laat vir ‘n paar minute staan terwyl jy die vulsel maak.
Plaas die Eiers, Strooisuiker en Suurlemoensap in ‘n koue kastrol en klop tot glad.
Skakel die hitte aan en verhit die mengsel oor lae hitte terwyl jy aanhoudend roer of klits.
Sodra die mengsel begin verdik kan jy die sagte Gelatien byvoeg, roer en laat die mengsel vir nog ‘n paar minute kook oor lae hitte terwyl jy roer of klits.
Verwyder die pot van die hitte en begin nou om die botter stadig by te roer.
Sodra al die botter ingemeng is kan jy die mengsel met kleefplastiek bedek en laat afkoel vir sowat ‘n uur of oornag.
Begin die skuim deur jou Strooisuiker op ‘n bakplaat te gooi en egalig te versprei. Plaas dan in ‘n voorverhitte oond van 200°C vir tussen 5 – 6 minute. Maak seker dat dit suiker nie begin smelt nie. Dit moet slegs warm wees.
Net voordat die suiker uit die oond kom kan jy die eierwitte in die mengbak van ‘n elektriese menger gooi en dit teen ‘n vinnige spoed begin klop.
Sodra die suiker uit die oond kom gooi dit dadelik in ‘n stadige en egalige stroom by die eierwitte.
Jy sal opmerk dat die skuim ‘n mooi glans kry en spierwit word.
Laat die menger hardloop totdat die skuim kamertemperatuur bereik het.
Sit die menger af en skep die skuim in ‘n spuitsak met ‘n sterpunt.
Vul nou die tertdoppies met die koue Suurlemoenvulsel tot sowat halfvol. Moenie te veel vulsel inskep nie. Enige ekstra vulsel sal vir ‘n paar weke in die yskas hou in ‘n lugdigte houer.
Spuit nou die skuim bo-op die vulsel en gebruik dan ‘n blaasvlam om dit liggies te kleur.
Wag ‘n paar minute vir die skuim om af te koel voor jy die tertjies bedien.