Thursday, 26 February 2015
Mikrogolf Melktert
Mikrogolf Melktert
Krummelkors
200 g beskuitjies (Tennis-, Marie- of Eat Sum-Mor)
55 ml sagte botter
pypkaneel
Vulsel:
1 liter melk
30 ml botter
60 ml koekmeelblom
60 ml mielieblom
15 ml vlapoeier
120 g (150 ml) suiker
knippie sout
3 eiers, geskei
5 ml vanieljegeursel
125 ml addisionele melk
* kaneel
Smeer ’n diep tertbak (24–26 cm) met botter.
Verwerk die beskuitjies, botter en kaneel saam tot krummels of plaas die beskuitjies in ’n plastieksak, druk fyn met ’n koekroller en meng dit met die botter en kaneel.
Druk dit op die bodem en teen die rand van die tertbak vas en verkoel dit terwyl die vulsel gemaak word.
Mikrogolf die melk vir 4 minute en voeg die botter by. Meng die droë bestanddele, eiergele, vanieljegeursel en oorblywende melk en roer dit by. Mikrogolf dit op hoog vir 3 minute en klits goed met ’n draadklitser. Mikrogolf en klits dit met eenminuut-tussenposes tot glad en verdik