Thursday, 19 February 2015

Lekkerbek melkpap met braaisous




Lekkerbek melkpap met braaisous
Hierdie lekker melkpap met braaisous sal ‘n treffer saam met ‘n braai wees. .
Lewer 6 tot 8 porsies
Bestanddele:
• 3 uie, geskil en gekap...
• 2 knoffelhuisies, geskil en gekneus
• 30ml botter of margarien
• 1x 410g blik heel tamaties, gekap
• 5ml sout

• varsgemaalde swartpeper
• 250g ontbytspek, gekap
• 1x 410g blik pitmielies, gedreineer
• 1l stywepap
• 500ml gerasperde Cheddarkaas
• 200g spinasie, geblansjeer, ribbe verwyder en gekap
• 250ml room
Metode:
1. Voorverhit oond 180 °C. Smeer ‘n middeslag-oondskottel.
2. Braai uie en knoffel in smeer. Voeg tamaties, sout en peper by en prut ingedamp.
3. Braai spek bros en dreineer.
4. Meng mielies en pap en skep ‘n laag papmengsel in skottel. Skep die tamatiemengsel, ontbytspek, 400 ml kaas en spinasie bo-op.
5. Skep die res van pap bo-op, strooi die orige kaas oor en giet room bo-oor.
6. Bak 60 minute lank en sit warm voor.
Bron:
Lekker & Vinnig Braaigeregte deur Lapa Uitgewers