Tuesday 18 November 2014

Suikerlose Gemmerkoekies




Suikerlose Gemmerkoekies
Vul die koekiefles met hierdie speserylekkerny wat met die versoeter xylitol pleks van suiker gemaak word.
Lewer 24
Bereiding: 10 min.
Bak: 10 min.
250 ml (1 k) meel
 125 ml (½ k) hawermoutsemels
 5 ml (1 t) fyn gemmer
 2,5 ml (½ t) fyn gemengde spesery
 2,5 ml (½ t) koeksoda
 60 ml (¼ k) xylitol-versoeter
 45 ml (3 e) water
 40 g margarien
 1 groot eier
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 1 of 2 bakplate.
1.Meng die meel, hawermoutsemels, gemmer, gemengde spesery en koeksoda.
2.Verhit die versoeter en margarien saam in ’n kastrol oor lae hitte. Giet die water stadig in terwyl jy roer tot die versoeter opgelos het.
3.Voeg die versoetermengsel en eier by die droë bestanddele en meng goed.
4.Rol die deeg in balletjies en rangskik op die bakplaat of bakplate. Maak dit effens plat met hou hand of die onderkant van ’n glas. Laat op ’n draadrak afkoel.