Friday 28 November 2014

RYSGEREG




RYSGEREG

BESTANDDELE:...
1 koppie rys
1 koppie gaar ertjies
5 eiers, opgeklits
½ koppie melk
1 ui, fyn gekap en gebraai
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
1 ml mosterdpoeier

spinasie, opgekap
fyn gesnyde kouevleis
½ k gerasperde cheddar-kaas
½ pak spek, opgekap en gebraai
METODE:
1. Kook rys volgens instruksies tot gaar en dreineer
2. Voeg ertjies by en hou eenkant
3. Meng res van die bestanddele
4. Gooi van die eiermengsel in pan (asof jy ’n omelet maak) en bak stadig om te verhoed dat dit uitdroog
5. Die eier moet sponsig en klam wees
6. Sny in repies en meng liggies met die rys en ertjies
7. Gooi spek bo-op die rys
8. Jy kan ook soet en suur chilliesous daarop sit
9. Warm net weer op voor braai