Wednesday, 5 November 2014

Ouma se skoenboks krismiskoek




Ouma se skoenboks krismiskoek
Onthou, n Krismiskoek moet gevoer word met die beste brandewyn tot jou beskikking.
Die Groot Geheim is die goeie bestanddele . Koop die beste vrugte wat jy in die hande kan kry.
Bestanddele:
500g botter
500ml suiker
8 extra groot eiers
10ml fyn gemmer
10ml gemengde speserye
10ml koeksoda
10ml bakpoeier
4ml sout
4k koekmeel
125 ml pynappel / gemmer / waatlemoenkonfyt
1.5 kg Vrugte (Koekmengsel )
500 g Verglansde Vye, Pynappel, Gemmer, Sitroenskil, Ekstra Kersies.
2 k Pekan Neute of Okkerneute. - Kap alles op, rowwe stukke.
250 ml Goeie Brandewyn
Metode
Voer 2 skoenebokse met waspapier uit en smeer.
Sit oond solank op 150grade c
Room botter. Klop suiker geleidelik bly, totdat mengsel lig en romerig is.
Roer eiers een vir een by
Sif die droe bestanddele en vryf die vrugte in die meelmengsel in sodat alle stukkies mooi los is en met meel bedek is. Meng alles bymekaar.
Skep in skoenebokse en sit deksels op.
Bak vir een uur by 150 grade c
Bak dan vir nog 2 uur by 140grade c
Besprinkel met brandewyn, toegedraai in foelie..... laat rus om ryp te word.....
Onthou dis baie belangrik om elke 3de dag die koek oop te maak en besprinkel met brandewyn. Draai weer mooi toe met foelie