Wednesday 12 November 2014

KOEKIES MET 1 BESLAG EN VERKILLENDE GEURE




KOEKIES MET 1 BESLAG EN VERKILLENDE GEURE:
Alles in een koekiemengsel wat verskillende geure maak
BASIESE KOEKIE MENGSEL
...
10 koppies koekmeel
10 teelepels bakpoeier
knippie sout
500gr margarine
4 koppies suiker
6 eiers
Room botter saam met suiker voeg eiers by roer goed voeg dan droë bestanddele saam in botter mengsel as te styf voeg bietjie water by. Rol in balletjies en versier soos jy wil. Bak op 180C vir 12-15min
Variasies;
1) Vanielje koekies: voeg 10 ml vanielje by
2) Vlakoekies: voeg 8 eetlepels vlapoeier by
3) Spesery koekies : voeg 3ml naeltjies,5ml kaneel,5ml neutmuskaat,en 5ml gemengde speserye by
4) Sjokolade voeg: 10 ml Kakoa by – rol in balletjies druk plat met vurk