Thursday 13 November 2014

Kleurryke Groente Piekels




Kleurryke Groente Piekels
Genoeg vir 5 x 500 ml-bottels
Lê jou oes in vir later en maak heerlike slaaie of crudité-borde daarmee.
...
Bestanddele:
750 ml (3 k) witwynasyn
375 ml (1½ k) strooisuiker
1 steranys
5 lourierblare
8 swartpeperkorrels
enige van die volgende groente:
1 bossie radyse
8 babawortels, geel of oranje
1 kop blomkool
8 babakomkommers, middeldeur gesny
’n groot hand vol eksotiese tamaties, geskil
’n groot bondel groenbone
6 gaar bababete, middeldeur gesny
Metode:
Verhit die asyn, suiker en speserye in ’n groot kastrol oor lae hitte.
Roer tot die suiker opgelos is en kook vir 4 min.
Blansjeer die sagte groente in gesoute, kokende water en verpak in gesteriliseerde glasbottels.
Gooi die warm asynmengsel oor die groente en laat heeltemal afkoel.
Sit ’n paar peperkorrels en ’n lourierblaar in elke bottel. Draai styf toe en verkoel