Wednesday 19 November 2014

Hertzog-koekies



Hertzog-koekies

BESTANDDELE
Kors
120 g botter
37,5 ml (2½ e) strooisuiker
3 eiergele
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
5 ml (1 t) vanieljegeursel
25 ml (5 t) water of melk
3 eiergele
Bolaag
3 eierwitte
25 ml (5 t) kookwater
250 ml (1 k) strooisuiker
500 ml (2 k) klapper
5 ml (1 t) bakpoeier
fyn appelkooskonfyt, yskoud

METODE

Kors
Klits die botter en suiker saam tot romerig.
Voeg die eiergele by en klits goed.
Voeg die res van die bestanddele by en meng tot ’n deeg.
Laat die deeg 30 minute lank rus.
Rol die deeg tot ’n dikte van 2 - 3 mm uit op ’n meelbestrooide oppervlak.
Druk deegsirkels uit om in kolwyntjiepanne te pas, en plaas dit in die holtes van die kolwyntjiepanne.
Bolaag
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Klits die eierwitte en kookwater saam tot sagte punte vorm, en klits die suiker bietjie vir bietjie by.
Klits tot stywe punte vorm.
Voeg die klapper en bakpoeier by, en klits net tot gemeng.
Skep lepeltjies appelkooskonfyt in die deegdoppies, en skep die eierwitmengsel bo-op.
Bak 15 minute lank tot gaar en goudbruin.

Hertzog-koekies (hertzoggies) is vernoem na J.B.M Hertzog, Eerste Minister van die destydse Unie van Suid-Afrika. Sy ondersteuners het gebakte tertdoppies gevul met ’n appelkooskonfyt-tussenlaag en klappermeringue bolaag.

Jan Smuts-koekies (of Smutsies) is ‘n variasie wat deur Jan Smuts se aanhangers gebak is. Dit het ’n konfyt-tussenlaag en deegbolaag.

Tweegevreetjies maak stem dik oor verbreekte beloftes in die parlement. Maleier-vroue wat nie stemreg gekry het soos hulle belowe is nie,  het Hertzog teruggekry deur dieselfde konfyttertjies in proteskoekies te omskep met ‘n duidelike boodskap: die een helfte van die holte is met konfyt gevul en die ander helfte met die klapper-meringue. Die protes is afgerond deur die een kant met bleekpienk versiersuiker te bedek en die ander kant met bruin versiersuiker.
Wenke: Gebruik ‘n patty pan of kolwyntjiepannetjie – nie ‘n muffinpannetjie nie.