Thursday 13 November 2014

Broccoli-kamma-koeskoesslaai




Huiskok - Errieda du Toit
Broccoli-kamma-koeskoesslaai
Bedien 4
...
Jy het nodig:
1 groot kop broccoli, goed gewas en gedreinee
40 g rosyne, geweek in warm water tot uitgeswel
40 g geroosterde dennepitte (jy kan ook amandels, pekanneute of okkerneute gebruik)
40 g fyngekapte vars kruisement
40 g fyngekapte pietersielie
1 suurlemoen se sap en skil
125 ml olyfolie
5 ml suiker
sout en peper
Metode
1. Rasper die broccoli se groen dele tot net op die stingel (jy kan ook ’n voedselverwerker gebruik). Die tekstuur sal soos koeskoes lyk.
2. Plaas in ’n slaaibak en voeg die rosyne, neute, kruisement en pietersielie by. Skud die suiker, suurlemoenskil en -sap en olie in ’n flessie saam en giet oor die slaai. Geur met sout en peper.