Monday 6 October 2014

GESTOLDE BEET- EN MAASKAAS-SLAAI



GESTOLDE BEET- EN MAASKAAS-SLAAI
BOLAAG...
15ml Gelatien
90 ml water
200ml mayonasie
125g maaskaas

ONDERLAAG
1 groot bottel beet fyn gemaal
1 pakkies rooi jellie
5 ml Gelatien
125 ml warm water
40 ml asyn
5 ml strooi suiker
Sout en peper na smaak
METODE
Voeg die gelatien by die water en laat dit oplos.
Meng die Mayonasie en maaskaas totdat dit ‘n gladde mengsel is.
Roer die opgeloste gelatien by die bogenoemde mengsel.
Skep dit n ‘n gesmeerde vorm en laat dit in die yskas stol.
Onderlaag
Maak beet fyn in ‘n voedselverwerker.
Los 1 pakkies jellie en 5 ml gelatien op in 125 ml warm water.
Voeg asyn, strooi suiker, sout en peper by fyn beet.
Wag totdat die jellie afgekoel het en meng dit by die beet.
Haal die gestolde mayonaise en maaskaas uit yskas.
Gooi beetmengsel bo-op en plaas terug in yskas vir ten minste 3 ure tot gestol.
OPDIENING
•Neem ‘n wit opdienbord.
•Plaas krulblare in bord.
•Dop die gestolde Beet en maaskaas slaai uit bo-op die krulblare.
•Die wit en rooi laag gestolde slaai lyk nie net voortreflik maar smaak ook soos poeding.