Friday 10 October 2014

Gegeurde suiker




Gegeurde suiker
Meng ’n paar druppels koue water by bruinsuiker tot net nat, en skep ’n lepel vol in ’n koekiedrukker op ’n vel waspapier. Druk die suiker lekker vas, lig die koekiedrukker op
en herhaal totdat al die suiker opgebruik is. Los die vormpies om droog en hard te word (die tydsduur sal afhang van hoe nat die suiker is). Sit een of twee van die hartjies op ’n piering saam met jou pa se Vadersdagkoppie koffie voor.
...

Wenk: Gebruik suurlemoensap om suiker aan te klam vir rooibostee, vanieljesuiker vir koffie of selfs ’n paar druppels van jou gunsteling- sterk drank vir ’n volwasse boeretroos.