Tuesday, 16 September 2014

BEET- EN SULTANAKOEK




BEET- EN SULTANAKOEK
150g bruismeel
1/2 tlpl koeksoda
1 tlpl bakpoeier
1/2 tlpl fyn kaneel
75g Nutty Wheat
175ml druiwepitolie
225g bruinsuiker
3 eiers, geskei
150g rou beet, grofgerasper
sap en gerasperde skil van 1/2 suurlemoen
100g sultanas
75g gemengde sade (Ek gebruik veral sonneblomsade en pampoenpitte)
versiersuiker
Metode
Sif bruismeel, koeksoda, bakpoeier en kaneel saam in ‘n mengbak
Roer Nutty Wheat by
Klits suiker en olie saam in aparte bak
Klits eiergele een-een by
Roer beet, sultanas, sap, skil en sade by
Vou meelmengsel by
Klits eierwitte tot styf en vou by
Voer bodem van 22cm losboompan met bakpapier en skep beslag bo-op
Bak in oond teen 180˚C vir 50 minute
Plaas foelie losweg bo-op halfpad deur bakproses
Laat afkoel in pan
Sneeu bokant van koek met versiersuiker