Thursday 25 September 2014

Bakplaat Herzogie




Hertzoggies
Kors

250 g (445 ml) koekmeel
10 ml bakpoeier
knippie sout
125 g (135 ml) botter
25 g (30 ml) strooisuiker
3 eiergele 15 ml water
Bolaag:
1 blik 450 g All Gold Super Fine Apricot Jam oF All Gold Strawberry Jam
3 eierwitte
250 g (315 ml) suiker
200 g (625 ml) fyn klapper
Verhit jou oond tot 160 ºC.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Vryf die botter in die meelmengsel tot dit soos broodkrummels lyk.
Voeg die strooisuiker by en meng deur.
Klits die eiergele en water saam.
Voeg dit by die meelmengsel en maak aan tot ‘n deeg.
Smeer ‘n bakplaat van sowat 30 x 23 cm goed met botter.
Druk die deeg met jou hande in die bakplaat.
Smeer die konfyt van jou keuse op die deeg.
Klits die eierwitte styf.
Voeg die suiker lepel vir lepel by tot jy ‘n stywe meringue het.
Roer die klapper deur en sprei die meringue eweredig oor die konfyt.
Bak vir 35 – 40 minute.
Haal uit en sny in blokkies.
Laat afkoel in die bakplaat voor jy die blokkies uithaal