Monday 4 August 2014

Skorsiebobotie




Skorsiebobotie
4 skorsies, gehalveer
BOBOTIE
 1 ui, in skywe gesny
 2 knoffelhuisies, gekap
 15 ml (1 e) olie
 500 g beesmaalvleis
 30 ml (2 e) kerriepoeier
 2 ml (½ t) fyn komyn
 60 ml (¼ k) blatjang
 sout en peper
VLA
 2 eiers
 125 ml (½ k) melk
Verhit die oond tot 180 °C.
1.Bobotie Braai die ui en knoffel in die verhitte olie tot geurig. Voeg die res van die bobotiebestanddele by en roerbraai tot gaar. Geur met die sout en peper. Skep in die skorsies.
2.Vla Klits die eiers en melk saam en giet oor die bobotie.
3.Oondbak 35-40 minute tot die skorsies sag is en die vla gestol. Sit voor saam met rys.