Friday 22 August 2014

Rolo-kolwyntjies




Rolo-kolwyntjies
Lewer 36 kolwyntjis
 Bereiding: 25 minute
 Gaarmaaktyd: 15 minute
KOLWYNTJIES
 250 ml (1 k) melk
 90 ml (6 e) kakao
 250 ml (1 k) olie
 8 eiers
 500 ml (2 k) strooisuiker
 10 ml (2 t) vanieljegeursel
 875 ml (3½ k) koekmeel
 20 ml (4 t) bakpoeier
 knippie sout
 200 g (4 x 50 g-stafies) Rolosjokolade
 45 ml (3 e) room (opsioneel)
VERSIERSEL
 250 ml (1 k) room, verkoel
 1 blik (360 g) karamelkondensmelk
 ekstra Rolo-sjokolade
•Voorverhit die oond tot 180 °C.
•Vul die holtes van muffinpannetjies met papierbakkies.
1.KOLWYNTJIES Verhit die melk en roer die kakao by tot goed gemeng. Roer die olie by.
2.Klits die eiers en strooisuiker tot lig en dik en klits die vanieljegeursel by.
3.Sif die droë bestanddele saam en voeg om die beurt met die melkmengsel by die eiermengsel. Meng in.
4.Skep die papierbakkies driekwart vol. Bak sowat 15 minute tot ferm in die middel.
5.Sny ’n tonneltjie in die middel van elk. Behou die uitgesnyde stukkies koek.
6.Smelt die sjokolade en room. Skep ’n bietjie in die holte. Plaas die koekstukkies terug.
7.VERSIERSEL Klits die room styf en vou die karamelkondensmelk by.
8.Smeer oor die kolwyntjies. Rond af met ekstra stukkies sjokolade indien verkies.
Jy kan ook die Rolo-stukkies binne-in elke kolwyntjie druk voor jy dit bak