Tuesday 26 August 2014

Pizza-omelet



Pizza-omelet
• 8 groot eiers
• olie vir braai
• 2 ryp tamaties, gekap
• 100 g sampioene, liggies gebraai
• 8 pikantrissies, middeldeur gesny
• 100 g ham- of beesvleisskaafsels
• 3 ml elk droë basilie en origanum (of ’n klein hand vol vars)
• 100 g gerasperde mozzarella
• slaai om voor te sit
 1 Klits die eiers in ’n bak. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
 2 Verhit ’n bietjie olie in ’n groot pan. Voeg die eiers by en kantel die pan om die bodem te bedek. Gebruik ’n spatel en lig die gaar eier van die kante af op sodat die rou eier onderin kan loop.
 3 Wanneer die bokant amper gestol het, strooi die bolaag-bestanddele oor met die kaas laaste. Sit onder ’n warm element (rooster) tot die kaas begin borrel. Sny in skywe en sit voor met slaai.