Wednesday 27 August 2014

Muesli-skons




Muesli-skons

Die glutenvrye meel gee die skons ’n ekstra-fyn tekstuur wat dit in jou mond laat smelt, maar onthou, die skons self is nie glutenvry nie, want die muesli bevat hawermout.

 genoeg 6 – 8

• 500 g (1 100 ml) glutenvrye bruismeel
• 65 g (80 ml) suiker
• 200 g (220 ml) botter
• 180 g (250 ml) muesli
• 125 ml melk

• 3 eiers
Verhit oond 180 ºC. Plaas meel, suiker en botter in mengbak en vryf die mengsel met vingerpunte tot dit lyk soos growwe broodkrummels. Voeg muesli by en meng deur met houtlepel. Meng melk en eiers, en gooi genoeg daarvan by die meelmengsel om ’n sagte klewerige beslag te vorm. Spuit 8 oondvaste koppies met ’n volume van 125 ml elk goed met kleefwerende kossproei. Skep beslag in koppies en bak 20 – 25 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Haal uit oond, maar los die skons net so in die koppies en sit louwarm voor met botter.