Monday 11 August 2014

MALVAPOEDING SONDER EIERS




MALVAPOEDING SONDER EIERS
Genoeg vir 6 - 8.
125 ml suiker (105 g)...
100 ml appelsous
30 ml kekerertjie meel
20 ml appelkooskonfyt
220 ml koekmeel (120 g)
15 ml bakpoeier

5 ml koeksoda
250 ml melk
Voorverhit oond tot 180 ° C.
Klop die suiker en appelsous saam.
Meng die kekerertjie meel met 30 ml warm water tot glad en roer dit dan saam met die appelkooskonfyt by die appelsousmengsel.
Sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda en ’n knippie sout saam, en vou dit dan om die beurt met die melk by die appelsousmengsel in.
Gooi in ’n liggies gesmeerde bakskottel.
Bak vir 25 - 30 minute in die verhitte oond.
SOUS
125 ml suiker (105 g)
65 ml melk
65 ml botter (60 g)
2,5 ml vanielje geursel
65 ml kookwater
room of eiervrye vla - om voor te sit
Maak die sous terwyl die poeding in die oond is.
Meng al die bestanddele saam in ’n kastrol en roer om die suiker op te los.
Verhit dit tot kookpunt en laat dit vir 3 minute prut.
Gooi die sous stadig oor die poeding sodra dit uit die oond kom.
Laat dit in die poeding intrek.
Sit warm voor met room of eiervrye vla.
(Foto geleen)