Wednesday 27 August 2014

Dik Groentesop




Dik Groentesop
(1 groot Kastrol)
1 kg sopvleis met murgbene (lamstowevleis maak dit nog lekkerder!)
¾ Pakkie 4 in 1 sopmengsel
1 kop fyn gesnyde seldery
½ kop fyn gesnyde pietersielie
1 groot ui, fyngekap
2 groot grof gerasperde aartappels
1 groot gerasperde tamatie
1 kg grof gerasperde wortels
1 Blikkie boontjies in tamatiesous ‘Bakebeans’ (Om te verdik)
1 Pakkie groentesoppoeier aangemaak in 1 kop water (Om te verdik)
sout en peper na smaak.
Metode:
1. Kook die sopvleis, sopmengsel, seldery, pietersielie, uie, tamatie en wortels totdat die vleis sag gekook is. (Die vleis kan vooraf ook sag gekook word vir ‘n rukkie. Hou die kastrol sowat ¾ vol met water soos jy kook.)
Verwyder die vleis en sny die senings af en die vleis in kleiner blokkies. Plaas die vleisblokkies en die bene weer terug in die sopmengsel.
2. Gooi gerasperde aartappel by en kook tot sag saam met die res van die sop.
3. Maak die gebakte boontjies in tamatiesous fyn en gooi by die res van die sop asook die soppoeier wat aangemaak is met 1 kop water – kook vir nog so 20 min totdat alles deurgekook is. Gooi sout en peper by na smaak.
4. Die sop vries ook baie lekker sodat u op ‘n later stadium wanneer daar nie tyd vir sop kook is nie, maar u lus is daarvoor, dan kan u net die houertjie ontdooi en weer ‘n keer van die geurige groentesop geniet.