Wednesday 27 August 2014

Braaisout




Braaisout

Genoeg vir 600 g
• gerasperde skil van 4 lemmetjies
• 60 ml droë tiemie
• 1 x 600 g-boks Cerebos-seevlokkies
• gerasperde skil van 4 suurlemoene
• 60 ml droë basiliekruid
• gerasperde skil van 4 pomelo’s
• 60 ml rissievlokkies

Verhit oond tot 180 °C. Meng lemmetjieskil, tiemie en 200 g van die sout saam in ’n mengbak. Plaas op bakplaat in eweredige laag. Meng nog 200 g sout met suurlemoenskil en basiliekruid en plaas op skoon bakplaat. Meng oorblywende sout met pomeloskil en rissievlokkies. Plaas dit ook op ’n bakplaat. Plaas al drie bakplate in oond en skakel oond af. Oondbraai 8 – 10 minute. Meng elke mengsel deur en bêre elk in ’n lugdigte houer. Geur vis of vleis voor jy dit braai