Sitruskolwyntjies
Maak: 12 kolwyntjies
Bereidingstyd: 25 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
Baktyd: 20 minute
• 630 ml (350 g) bruismeel
• 220 ml (185 g) strooisuiker
• gerasperde skil en sap van ’n lemoen
• 125 ml dik Griekse jogurt
• 80 ml melk
• 1 eier, geklits
• 100 g botter, gesmelt en afgekoel
VERSIERSEL
• 25 ml vars suurlemoensap
• 90 ml (50 g) versiersuiker
1 Voorverhit die oond. Voer ’n muffinpan met kolwyntjiepapiertjies uit.
2 Sif die bruismeel en roer die strooisuiker en lemoenskil by.
3 Klits die jogurt, melk, eier, botter en lemoensap saam tot gemeng en voeg dit by die bruismeel en strooisuiker. Verdeel die mengsel tussen die 12 kolwyntjiepapiertjies in die muffinpan en bak dit vir sowat 20 minute. Toets vir gaarheid en laat afkoel.
4 Maak die versiersel Klits die suurlemoensap en versiersuiker saam tot glad. Drup dit bo-oor die kolwyntjies. Versier met ekstra gerasperde lemoenof suurlemoenskil.