Tuesday 1 July 2014

Gevulde ontbytbrood




Gevulde ontbytbrood
Jy benodig ...
vir die deeg
500 g koekmeelblom
10 ml sout
5 ml suiker
45 g botter
10 g droë gis
300 ml louwarm water (koop sommer by Spar, Pick 'n Pay,ens deeg)
vir die vulsel
1 beesworsie, gaargemaak
3 repies spek, gebraai
1 sampioen, in repies gesny en gebraai
’n halwe ui, in skywe gesny en gebraai
2 hardgekookte eiers
’n hand vol gerasperde kaas
Só maak jy
MAAK DIE BROOD
1 Pasop vir mis gis. Vryf die botter deeglik by die droë bestanddele en voeg die gis by.
2 Vat so! Gooi genoeg water by om ’n deeg te vorm en knie dit vir vyf minute.
3 Skep asem. Laat rus die deeg vir sowat vyf minute.
MAAK DIE VULSEL
4 Stook die vuur. Voorverhit die oond tot 180° C.
5 ’n Belangrike rol. Verdeel die deeg in twee en rol elkeen met jou hande in ’n silindervorm.
6 Speel nog ’n bietjie. Druk dan die rolle deeg met jou hande platter totdat jy twee dik, reghoekige stukke die grootte van ’n vatlappie het.
7 Prop hulle vol! Verdeel die vulsel in twee en pak alles behalwe die kaas bo-op die twee stukke deeg.
8 Kaas dit en geniet dit. Vou dit toe en strooi die kaas bo-oor.
9 Bak die vetsak! Laat die twee broodjies uitrys en bak hulle dan tot ligbruin.
10 Mmm, ruik net daar… Laat die brode afkoel, draai dit toe in waspapier en pak dit in.