Monday 21 July 2014

Fluweelpoeding




Fluweelpoeding
GenoeG vir 6 mense
Bereiding: 20 minute...
Gaarmaaktyd: 50-55 minute

180 ml (. k) koekmeel
2 ml (. t) sout
125 ml (. k) suiker
1 liter (4 k) melk
4 eiers, geskei
60 ml (. k) botter
5 ml (1 t) vanieljegeursel
30 ml (2 e) appelkooskonfyt
45 ml (3 e) suiker
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak.
1.Sif die droë bestanddele. Meng met ’n bietjie melk.
2.Verhit die res van die melk tot net onder kookpunt. Roer ’n bietjie by die meelpasta, roer by die verhitte melk, verhit en roer aanhoudend tot dit begin kook en verdik.
3.Klits die eiergele en voeg by, gevolg deur die botter en vanieljegeursel.
4.Giet die mengsel in die oondbak en bak 40 minute of tot ligbruin.
5.Smeer ’n dun lagie appelkooskonfyt oor die poeding.
6.Klits die eierwitte styf saam met die 45 ml suiker en skep op die poeding. Bak 10-15 minute tot goudbruin.