Thursday 26 June 2014

Wat maak mens met al die suurlemoene?



Wat maak mens met al die suurlemoene?

SUURLEMOEN ATJAR:
Sit 1kg SUURLEMOENE 24 uur in vrieskas. Sny in agstes. Vryf 75g FYN SOUT in. Gooi 3k WIT ASYN by. Marineer 12ure. Sif. Meng 1t MOSTERDSAAD/1t KNOFFEL/1k SONNEBLOMOLIE/
250g ATJARMASALAPOEIER/75g SUIKER/1-3 GROEN RISSIES(gesny). Gooi in gesteriliseerde bottles oor suurlemoen. Gebruik eers na 1 dag.

Suurlemoensmeer: 2 medium Surlemoene; 275 ml Suiker; 3 Groot Eiers 110 ml Botter of margarien. Rasper die skil en druk sap uit. Voeg skil, sap en margarien in glashouer en mikrogolf vir 1 min op 100%krag. Voeg suiker by en roer die eiers by. Klits goed tot gemeng. Mikrogolf vir 5min, maar roer kort-kort. Mengsel sal dikkerig en glad wees. Dit word dikker as dit koud is. Giet in fles en verseel.

Gepiekelde suurlemoene

Lewer 2 x 2L flesse
8 ryp suurlemoene, goed gewas
125-200ml growwe sout
Sowat 300ml vars suurlemoensap
Skep 15ml van die sout in elke, warm gesteriliseerde fles
Sny die gewaste suurlemoene eers in die helfde en dan in kwarte tot 1cm van die groeipunt af – nie dwarsdeur nie. Verwyder die pitte.
Trek die suurlemoene effens oop en sprinkel die binnekante mildelik met sout.
Pak die suurlemoene in die flesse en sprinkel nog sout tussen die vrugte.
Vul die flesse met die vars suurlemoensap en skep nog ‘n paar lepels sout bo-op. Druk die suurlemoene af sodat van die sap tot bo kan kom.
Verseël en bêre op ‘n donker plek. Keer elke paar dae om.
Plaas die flesse na vier weke in die yskas. Na 6 weke behoort dit perfek te wees. Dit sal tot 8 maande goed in die yskas hou.


 3 Sitrus-marmelade

2 lemoene
2 pomelos
2 suurlemoene
1,5 – 2 liter water
Wit suiker (dit gaan afhang van hoeveel pulp jy het)
Sny die skil van vrugte in repies en trek versigtig af. Sit in gaasdoekie enbind vas. Sny heel vrugte in wiggies en verwyder die pitte. Verwyder die witgedeeltes. Meet hoeveel pulp en sit in kastrol. Voeg 500ml water vir elke 250 pulpmengsel. Verhit tot kookpunt. Verlaag hitte en kook vir nog 40 minute oor stadige hitte. Giet die mengsel in maatbeker en voeg dan 250g witsuiker by vir elke 250ml pulp. Giet alles- ook skilsakkie- in kastrol. Verhit stadig tot suiker opgelos is. Verhit en kook mengsel vir 25 minute, totdat dit nie meer waterig is nie. Laat afkoel, as dit stewig en nie meer loperig is nie is dit reg. Skep warm marmelade in bottels wat gesteriliseer is. Lewer sowat 2 liter marmelade. 1 gesnyde pynappel kan ook bygevoeg word.


Suurlemoenstroop

12 suurlemoene (so 750ml) skil van 3 na 4 suurlemoene gerasper
2.5 kg suiker
2 lt water
1 pakkie van elk: citric acid, tartaric acid, engelse sout.Bring tot kookpunt en bottel (20ml elk – 4 teel)


Suurlemoen lugvervrisser

5 ml (1 tsp) baking soda (bicarbonate of soda)
5 ml (1 tsp) lemon juice, freshly squeezed
2-3 drops essential oil (of choice)
500 ml (2 cups) hot water

Gooi alles in ‘n bottel, skud goed tot alles opgelos is en spuit