Wednesday 4 June 2014

Skaapbredie met gebraaide piesang




Skaapbredie met gebraaide piesang
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 min
Gaarmaaktyd: sowat 1 uur

30 ml (2 e) olie
 2 uie, in skywe gesny
 1 knoffelhuisie, gekneus
 1 klein soetrissie, ontpit en in kwarte gesny
 2 brandrissies, fyn gekap (opsioneel)
 2 wortels, in lang, dun repe gesny
 1 raap, in blokkies gesny
 500 g skaaprib, in kleiner stukkies gesny
 5 ml (1 t) fyn koljander
 sout en vars gemaalde swartpeper
 sap en skil van een vars lemoen
 1 blik (410 g) gekapte tamaties
 500 ml (2 k) gaar, droë bone (gebruik enige droë bone)
 30 ml (2 e) botter
 3 piesangs, in skywe gesny
Verhit die helfte van die olie en braai die uie, knoffel, soetrissie, brandrissies, wortels en raap sowat 5 minute oor hoë hitte.
Skep die groente uit en verhit die res van die olie.
Braai die skaapribbetjies tot goudbruin, geur met koljander, sout en peper en voeg die lemoensap en -skil by.
Bedek, verlaag die hitte en laat stowe sowat 40-60 minute of tot die vleis sag is.
Roer die tamaties en gaar bone by die vleis, meng goed en verhit tot alles deurwarm is.
Verhit die botter in ’n pan en braai die piesangskywe daarin tot goudbruin.
Skep net voor opdiening bo-op die vleis.