Tuesday 10 June 2014

Ham-en-ertjiesop




Ham-en-ertjiesop

(4 porsies)
  • 230 g (250 ml) gesplete droë ertjies
  • 2 liter water
  • 30 ml olyfolie
  • 500 g gerookte varkrepe, in blokkies gesny
  • 4 preie, in ringe gesny
  • 2 selderystingels, in skyfies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 chorizo-wors
Plaas ertjies in bak en gooi water oor. Laat week oornag. Verhit olyfolie in groot kastrol. Voeg klein vleisblokkies by en braai tot bruin. Voeg preie en seldery by vleis in kastrol en braai tot preie en seldery sag is. Voeg ertjies met water by en bring tot kookpunt. Geur met sout en peper. Maak toe met deksel en verlaag die hitte. Laat prut 4 uur. As die sop te dik word, kan jy ’n klein bietjie water byvoeg. Sit voor saam met gebraaide chorizo-wors en croutons.