APPEL BLATJANG
‘n Ligte resep vir tuisgemaakte blatjang.
Maak: 2-3 flesse
Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 2½ uur
1,5 kg Granny Smith-appels, stronke verwyder
1 groot pynappel, geskil
15 ml sonneblomolie
2 middelslag-uie, gekap
25 ml mosterdsade
5 cm-stuk vars gemmer, geskil en gerasper
5 ml fyn komyn
2 ml fyn naeltjies
500 g sultanas
1-2 vars rooi brandrissies, ontpit en gekap (opsioneel)
skil en sap van 2 lemoene
700 ml (560 g) witsuiker
400 ml witwynasyn
METODE:
Sny die appels en pynappel in klein blokkies.
Verhit die olie in ‘n kastrol. Voeg die uie, mosterd, gemmer en speserye by.
Soteer dit vir twee minute terwyl jy die heeltyd roer.
Voeg die res van die bestanddele en 5 ml sout by en verhit dit tot kookpunt. Roer af en toe.
Verlaag die hitte en laat dit vir twee uur oor ‘n lae hitte met die deksel op prut.
Haal dan die deksel af en laat dit vir nog ‘n uur prut, of tot verdik.
Gooi die blatjang in gesteriliseerde flesse. Laat dit afkoel en verseël dit. Hou dit in die yskas as jy dit eers oopgemaak het.
Gebruik ‘n swaarboomkastrol en laat die vrugte oor ‘n baie lae hitte prut, anders kan dit aan die bodem vassit.
Hou ‘n ogie oor die blatjang as dit begin verdik, want dit brand baie maklik aan.
Om flesse en deksels te steriliseer, moet jy dit vir 30 minute in ‘n kastrol vol water kook. Of was dit en sit dit vir 20 minute in ‘n oond by 200 °C.
Daar kan skimmel op die blatjang groei as dit nie behoorlik gesteriliseer is nie.
Jy kan ook die helfte pere en die helfte appels gebruik in dié resep
Bron: Idees