Monday, 26 May 2014

Prei-en-aartappelsop




Prei-en-aartappelsop

(2 porsies)
  • 25 g (27 ml) botter
  • 3 preie, gesny
  • 1 selderystok, gekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 2 aartappels, geskil en in klein blokkies gesny
  • 500 ml hoender-aftreksel
  • 125 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 5 gekapte grasuie, vir garnering
Smelt die botter in ’n kastrol. Sit die preie, seldery en knoffel by. Maak die kastrol toe en kook die groente vir 15 minute tot sag. Roer so elke nou en dan. Voeg die aartappels en aftreksel by. Bring tot kookpunt en laat prut vir sowat 20 minute. Laat afkoel en gooi die mengsel in ’n versapper. Verpulp tot glad. Gooi mengsel terug in die kastrol en verhit weer. Voeg room by en geur met sout en swartpeper. Sit voor saam met gekapte grasuie