Monday 12 May 2014

Ouma Hettie se “Gekkerkoek” met Suurroom-Neutversiering




Ouma Hettie se “Gekkerkoek” met Suurroom-Neutversiering
Saamgestel deur: Linde Watson en Ronel Theron
Bestanddele
...
220 g gouestroop
180 gr suurroom
2 eiers
250 ml gesmelte botter
130 g koekmeel
130 g bruismeel
5 ml bakpoeier
110 g bruinsuiker
3 ml gemmer
2 ml kaneel
1 ml wonderpeper
1 ml naeltjiepoeier
2 ml sout
Suurroom-neutversiering
30 ml suurroom
Sap van 2 lemoene
1 lemoen se skil, fyn gerasper
250 ml gemengde neute, fyn gekap en gerooster
150 ml klapper
250 g botter
500 ml versiersuiker
Instruksies
1. Voorverhit die oond tot 180ºC.
2. Smeer ‘n 23cm koekpan.
3. Meng die gouestroop, suurroom en eiers saam tot goed gemeng en lig.
4. Voeg die gesmelte botter in ‘n dun stroompie by en meng goed.
5. Sif die droë bestanddele 3 keer saam sodat die speserye goed ingemeng is en die meelmengsel lekker lug inkry.
6. Voeg die meelmengsel by die nat bestanddele.
7. Gooi uit in die gesmeerde koekpan en bak dadelik teen 180ºC vir 40 – 50 minute of totdat ‘n toetspen skoon uitkom.
8. Haal uit en koel die koek af in die pan.
Suurroom-neutversiering
1. Meng die botter en versiersuiker tot lig.
2. Meng die res van die bestanddele en meng in met die versierbotter