Thursday, 22 May 2014
Garies se rib (Sous vir skaapribbetjie)
Garies se rib (Sous vir skaapribbetjie)
Bestanddele
250g botter
2 eetlepels suurlemoensap
1 teelepel sout
2 knoffeltoontjies, fyngemaak
halwe koppie esdoringstroop
Metode
Plaas die bestanddele saam in 'n bakkie. Smelt dit in die mikrogolf.
Plaas die ribbetjie in 'n oondpan, met bietjie water onderin.
Sny die ribbetie bietjie oop, sodat die sous kan inloop.
Smeer met sous, bak teen 160 grade vir 'n uur en daarna teen 180 vir nog 'n uur.
Smeer gedurig die sous op.
(RSG)