Thursday, 22 May 2014

BROCCOLI & KAAS SOP




BROCCOLI & KAAS SOP
4 Eetlepels botter
Halwe ui - opgekap
2 en 'n half eetlepels meel
2 koppies melk
1 koppie hoender/groente aftreksel
450g broccoli
1 tot 2 koppies kaas

Smelt jou botter en roerbraai die ui.
Voeg meel by , en roer deur , voeg dan jou melk by en meng goed.
Voeg aftreksel by asook jou broccoli en so bietjie sout en peper na smaak en kook oor lae hitte vir so 20-30 minute. (plaas deksel op)
Maak nou jou beslag fyn , deur 'n versapper of jy kan sommer jou 'masher' gebruik.
Voeg kaas by en laat dit in smelt.
Onthou jy kan meer melk of kaas byvoeg as jy dit dalk dikker of dunner wil he
Ek hol sommer 'n broodjie uit en bedien sop daarin