Monday 28 April 2014

Yvonne se frikadelle in tamatie en knoffel sous




Yvonne Pelster

Frikadelle:
500g Maer maalvleis
1 Gerasperde ui

1 Koppie vars broodkrummels
2 Eetlepes Fyngekapte songedroogte tamaties
1 Eier geklop

Olyfolie

Meng alles saam en gooi sout en peper by na smaak.
Rol balletjies en braai in die olie tot hulle bruin is.

Tamatie en Knoffel sous:
25g Botter of margarien.
1 Blik Uie en tamatie smoor.
2 - 3 Knoffelhuisies, sny baie fyn.
1 Klein blikkie tamatie puree.
185ml Hoenderaftreksel.
1 Teelepel origanum.
1 Teelepel suiker.
Gooi alles bymekaar in 'n pan en bring tot kookpunt.
Laat prut vir sowat 5 minute oor matige hitte.
Plaas nou die frikadelletjies in jou kaserol bak en gooi die sous oor.
Maak die bak toe en bak vir 1 uur.