Wednesday 23 April 2014

Tuna Happies


Maryna Charol Gouws

Tuna Happies
Die resep maak omtrent 10 tuna happies.

Bestandele:
350 g (2 blikkies) tuna, gedreineer...
6 gekapte sprietuie
150 g gedreineerde soet heelpitmielies (sweetcorn)

Swart peper
10 ml (2t) vars suurlemoensap
3 eiers, geklits
160 ml koekmeel
3 ml (1/2tl) sout
Olie vir vlakbraai

Metode:
Meng die tuna, uie en soet mielies en geur met peper en suurlemoensap. Voeg die eiers, meel en sout by die tuna mengsel en meng liggies. Maak genoeg olie warm en drup groot teelepels vol tuna beslag in die pan. Braai aan albei kante bruin tot gaar. Bedien met 'n groen slaai en doopsous

Dankie aan : Radio Namakwaland