Wednesday 9 April 2014

Polenta-quiche




Polenta-quiche
Lewer 4 klein of
1 middelslag-quiche
Bereiding: 10 minute...
Gaarmaak: 20-25 minute

4 x 250 ml (4 k) water of groenteaftreksel
sout
250 ml (1 k) polenta
30 ml (2 e) botter
vars gemaalde peper
BOLAAG
15 ml (1 e) olyfolie
2 rooi-uie, in skywe gesny
1 rooi, geel en groen soetrissie, in blokkies gesny
150 g salami of chorizo, in skywe of blokkies gesny
125 ml (½ k) roomkaas vars basilie vir voorsit
Skakel die roosterelement van die oond aan.
1.Verhit die water of aftreksel tot kookpunt en voeg ’n knippie sout by. Strooi die polenta bietjie-bietjie in die kookwater terwyl aanhoudend geroer word met ’n draadklitser. Klits tot glad.
2.Plaas die deksel op en laat 10-15 minute oor stadige hitte prut. Roer af en toe om te voorkom dat die polenta vasbrand.
3.Roer die botter deur en geur met die sout en peper.
4.Skep die polenta in 4 klein tertpannetjies of ’n groot pan. Laat effens afkoel en druk teen die kante van die pan op sodat dit ’n holte vorm.
5.Bolaag Verhit die olie en braai die uie tot geurig. Voeg die soetrissies by en roerbraai tot net gaar.
6.Versprei die soetrissiemengsel in die tertjies en rangskik die salami of chorizo bo-oor. Skep teelepels vol roomkaas op elke tertjie en rooster 3-5 minute. Sit louwarm voor saam met die basilie