Tuesday 22 April 2014

PETER SWANEPOEL SE CIABATTA RESEP




Trudie Niehaus G.A.

PETER SWANEPOEL SE CIABATTA RESEP
... ook genoem 'n Pantoffel brood agv vorm. 600 ml water 600 g broodmeel 2 Etl suiker 2 teel sout 10 g kits gis Meng alles in voedselverwerker vir 8 min totdat deeg van die kante los trek. Bedek en laat rys tot verDRIEdubbel (so 1 uur). Die deeg is baie slap. Gooi uit op meelbestrooide oppervlakte. Vorm 'n pantoffel vorm boord. Spuit bakplaat. Plaas bak papier op plaat. Strooi dik laag meel op papier. Plaas deeg op meelbestrooide papier. Vou buitekante van deeg na onder, sodat daar spanning op bo-laag van deeg is. Strooi bietjie meel bo-op deeg. Bak by 220 grade vir 30 - 35 min. Die korsie moet donker bruin wees en brood hol klink as jy daarop klop. Sit dik botter op en geniet !