Friday, 4 April 2014

Pampoengebak





Pampoengebak
Bestanddele
1 middelslag pampoen...
2 uie, gekap
1 pakkie spek
1½ blikkies roommielies
2 koppies cheddarkaas, gerasper

1 koppie room
1 eier
½ teelepel neutmuskaat
¼ teelepel kaneel
tinfoelie
Metode
Sny 'n holte in die pampoen aan die bokant waar die stingel is sodat jy dit kan terugsit soos 'n deksel.
Haal die pitte uit.
Braai die uie in botter.
Braai die spek tot bros en sny in repies.
Meng met die mielies en kaas.
Plaas dit in die pampoen.
Klits die room, eier en speserye saam en gooi dit ook in by die holte in die pampoen.
Bedek hele pampoen met foelie.
Bak teen 180 grade vir 'n uur.
Haal uit, haal foelie af en bak vir nog 'n uur.
(RSG)