Tuesday 8 April 2014

Maleise kerrieviskoekies



Maleise kerrieviskoekies
Lewer sowat 12-15 koekies
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 15-20 minute
Verkoeltyd: 30 minute


VISKOEKIES
2 x 400 g-blikke sardyne
olie vir braai
1 ui, fyn gekap
4 knoffelhuisies, fyngedruk
5 ml (1 t) gerasperde gemmer
2-3 ml (½ t) borrie
5 ml (1 t) paprika
5 ml (1 t) fyn koljander
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) brandrissiepoeier
2 ml (½ t) garam masala
sout en peper, na smaak
2 snye brood, korsies verwyder en in melk geweek
1 eier, geklits
125 ml (½ k) koekmeel
olie vir braai
VIR VOORSIT
rys
sambal van gekapte tamatie en ui met koljander
  1. Viskoekies Dreineer die vis effe. Maak goed fyn (die grate kan bly).
  2. Verhit die olie en braai die ui, knoffel en gemmer tot geurig. Roer die speserye by, maar moenie weer verhit nie. Meng die uiemengsel, vis, brood en eier. Geur met die sout en peper.
  3. Vorm koekies en rol in die meel. Verkoel minstens ’n halfuur. Verhit genoeg olie en braai die koekies bruin.
  4. Sit die koekies voor op die rys, saam met die sambal.