Friday, 11 April 2014

Makkies se kerriehoender, kruisementkoeskoes en tamatie-uie sambal



Makkies se kerriehoender, kruisementkoeskoes en tamatie-uie sambal

Bestanddele

3 eetlepels sonneblomolie
1 eetlepel mosterdsaadjies
2 knoffelhuisies
2 rooi of wit uie
1 eetlepel paprika
1 eetlepel borrie

1 eetlepel vars gemmer, fyngekap
1 teelepel medium kerriepoeier
3 hoenderfillette in groot blokke gesny
4 tamaties geskil en grof gekap
Sout en peper na smaak
1 blik klappermelk
3 eetlepels natuurlike joghurt
Koeskoes
1 koppie koeskoes
2 eetlepels kruisement
1 suurlemoen se skil
1 koppie kookwater
Sout en peper na smaak
Tamatie-en-uie sambal
250 g klein tamaties in dun skywe gesny
1/3 koppie vars koljanderblare
¼ koppie witwynasyn
2 eetlepels bruinsuiker
Sout en peper na smaak

Instruksies

Wenk: om koeskoes te maak, gebruik altyd dieselfde volume water of aftreksel as koeskoes.
1. Verhit olie in ‘n swaarboomkastrol tot warm en voeg mosterdsaadjies by.
2. Wanneer die saadjies begin skiet boeg gekapte uie, knoffel, paprika, borrie, vars gemmer, kerriepoeier en gekapte tamaties by. Roer goed en braai oor medium hitte vir 15 minute.
3. Voeg hoender by die tamatiemengsel en stowe vir 20 minute oor lae hitte. Voeg die klappermelk by.
4. Roer die joghurt net voor opdiening deur.
Koeskoes
1. Plaas die koeskoes in ‘n mengbak en bedek met ‘n koppie kookwater. Bedek die bak met kleefplastiek en laat staan vir 15 – 20 minute.
2. Krap die koeskoes met ‘n vurk los en roer die kruisement, suurlemoenskil, sout en peper deur.
Tamatie-en-uie sambal
1. Voeg al die bestanddele in ‘n mengbak en maal vars peper by en geur met sout.
2. Roer goed deur en laat staan vir 15 minute

Kokkedoor