Wednesday, 9 April 2014
Liplekker sjokoladerolkoek
Liplekker sjokoladerolkoek 4 groot eiers, geskei
100 ml strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
60 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
15 ml kakao
'n knippie sout
Vulsel en versiersel
1 blik (380 g) karamel
2 stafies Cadbury's Flake-sjokolade
125 - 250 ml room (vars of Orley-Whip)
15 ml strooisuiker
Stel die oond op 180°C. Klits die eierwitte styf en hou eenkant. Klits die eiergele, strooisuiker en geursel saam tot lig en donsig. Sif die meel, bakpoeier, kakao en sout saam. Vou dit by die eiermengsel in. Vou laastens die eierwitte versigtig met 'n metaallepel in. Giet die mengsel in 'n gesmeerde rolkoekpan van (20 - 27cm) wat met waspapier uitgevoer is en maak beslag gelyk bo-op. Bak sowat 10 minute lank. Keer versigtig uit op 'n klam doek wat met suiker bestrooi is. Trek die waspapier af. Rol die koek met die klam doek op en laat so afkoel. Rol weer die koek oop en verwyder die klam doek. Klop die karamel effens en smeer oor die koek. Breek die sjokolade in stukkies en strooi die helfte oor die karamel. Rol die koek op. Klits die room en suiker saam tot styf en bedek die koek daarmee. Strooi die res van die sjokolade-stukkies bo-oor. Verkoel goed voor opdiening.