Monday, 7 April 2014

Gerookte hoender brocolli gebak





Gerookte hoender brocolli gebak
15ml groenteolie
15ml botter
1 ui gekap...
250g gerookte hoender gekap
250g broccoli in blommetjies gebreek
30ml gekapte pietersielie
500ml (200g) gerasperde cheddar kaas

2 groot eiers
250ml melk
50ml bruismeel
So gemaak:
Voor verhit die oond tot 180°C. Verhit die olie en botter in ‘n pan en soteer die ui vir 2 min tot sag. Voeg die hoender by en maak deurwarm. Voeg die broccoli by en roerbraai dit vir 2min. Haal dit van die plaat af en voeg die pietersielie by. Skep die kaas en hoendermengsel in lae in ‘n gesmeerde oondbak. Klop die eiers, melk en meel saam en gooi oor die tert. Bak dit in die oond vir 30min of tot gestol en goudbruin.