Thursday 17 April 2014

Dik mielie-en-cheddar-sop




Dik mielie-en-cheddar-sop
Dit lewer 4-5 porsies.
. 6 stukke rugspek, fyngesnipper
. 1 groot ui, fyngekap
. 1 knoffelhuisie, gerasper
. 30 ml botter
. 5 ml komyn
. 5 ml koljander
. 45 ml koekmeel
. 1,25 liter hoender- of groente-aftreksel
. 1 groot aartappel, geskil en in klein blokkies gesny
. 125 ml room
. 350 g bevrore mielies
. 250 ml gerasperde cheddar
. sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
. gekapte vars pietersielie en ekstra gerasperde cheddar vir bo-op
1. Braai die gesnipperde spek in ’n droë pan tot gaar en bros. Skep uit en hou eenkant.
2. Sit die ui, knoffel en botter in dieselfde pan en braai tot sag. Voeg die komyn en koljander by en braai tot geurig.
3. Voeg die koekmeel by en braai 2 minute. Voeg die aftreksel en aartappel by en verhit tot kookpunt, terwyl geroer word. Laat prut sowat 15 minute – roer gereeld.
4. Voeg die room en mielies by en laat prut ’n verdere 5 minute. Roer daarna die cheddar by net voordat die sop voorgesit gaan word, maar moet dit nie weer kook nie. Geur na smaak met sout en peper.
5. Skep die sop in 4-5 bakkies. Meng die bros spekvleis, pietersielie en kaas, en skep ’n groot lepel daarvan op elke porsie. Sit dadelik voor.